“Jou denke sal myne omhels
jou begin sal my begin wees
jou einde my einde” -Antjie Krog

Rian & Carlé , trou die 19 Mei 2018. Daar is so baie dele van julle troue wat ons almal se harte geroer het…en vir die meer emosionele se oë vol trane laat opdam het. Wat vir my die mooiste was is die  “Wedding vows” aan mekaar. Ek deel so ‘n klein deeltjie:

“T.T Cloete skryf in een van sy gedigte aan sy vrou: “Kyk ek na die melkweg, in die gras, in die water, na die boog van die aarde, altyd iewers is jy ingepas.” Dit is met geen toeval dat wanneer ek die letters in jou naam herrangskik, dit die Engelse woord “Rain” word nie. Alles omtrent jou is ’n verfrissing vir my siel. Daar is op hierdie aarde niks wat so lekker ruik so die aarde na ’n bui reën nie, daar is selfs ’n woord daarvoor: “petrichor”. Jou teenwoordigheid bring hoop, vertroosting en gee lewe. Dit is my wens dat ons vir die res van ons lewens mekaar met dieselfde opgewondenheid tegemoet sal kom, soos wat die aarde ’n bui reën verwelkom” -Carlé

“Ons lewe saam gaan vol avonture en mooi oomblikke wees. Die tye wat jy vir my klavier speel en saggies my rug streel. Die tye wat jy vir my lag, en ek vir jou. Dit is soos musiek in my ore en dit laai my siel. Jy is my perfekte lewensmaat, my sielsgenoot my beste vriend. Ek het die een gekry waarvoor my siel lief is. Jy was soos ‘n ster vir my, vêr stil & rein… my siel die donker water waar jou beeld in skyn. Ek kan dit nog steeds nie glo dat jy myne is nie.”

Ek bid dat julle altyd so Lièf bly!

Anneke

Venue: Pepermossie Wedding Venue

Makeup: Karlè Potgieter

Flowers & Dekor: Pepermossie en Kleinmossie

Stationary: Something Golden Design Studio

Flower Headpice: Room of Bloom